#It’sTime en Oom Angus

Daar’s so baie wat ek wil seg oor Oom Angus. Ek hoop ook nie ‘n ellelange post te create hieroor nie.

Ek is nie ‘n fan van Oom Angus nie. Of ten minste, van sy teologie. Ek het hom nog nooit ontmoet nie, so dis dalk nie regverdig om hom as persoon te oordeel nie. Ek betwyfel nie sy hart nie, ek betwyfel nie dat hy vanuit ‘n goeie plek doen wat hy doen nie. Dis ‘n aanname wat ek maak, want weereens, ek ken hom nie persoonlik nie.

Maar sy teologie – daarop kan ek wel kritiek lewer. Ek verstaan dat Oom Angus nie matriek het nie, en ook ‘n leke prediker is. Daarmee het ek geen probleem nie. Wat my egter bekommerd laat is dat dit wil voorkom asof die bybel die enigste boek(e) is wat hy lees. Nuwe wêrelde het vir my oopgegaan toe ek boeke begin lees het oor die bybel. Ralph Barnard het ‘n verskeidenheid boeke wat sal aanbeveel.

Die ding is – die bybel is nie ‘n “handleiding vir die lewe” nie. Want dis nie vir ons geskryf vir die tyd waarin ons lewe nie. Die bybel het nie geweet van karre en vliegtuige en stress en verkeersknope nie. Nog minder van die wetenskap en diverse seksualiteit. Dis deur mense geskryf wat na oorvertellings geluister het. Dan is dit oorgeskryf deur mense wat ook maar net-net geletterd was, op papirus wat ook maar skaars was, so hulle moes klein skryf en baie maal sonder spasies net om alles gekopiëer te kry. Dan het mense hulle eie idees en woorde bygesit. En dan het met mense met hulle eie duistere agendas besluit watter boeke moet en watter boeke moet uit. Dat die bybel ooit ‘n werklikheid geword het is amper bonatuurlik.

So in my opinie is dit gevaarlik om die bybel letterlik op te neem. En te pick-and-choose watter verse op ons van belang is en watter nie. Soos wanneer daar gepraat word van die “bybelse huwelik.” Ek grinnik alte lekker in my mou wanneer die fundamentaliste daarvan praat. Want van watter een praat hulle nou eintlik? Die een tussen die fiktiewe Adam en Eva (waar het hulle klein kinders vandaan gekom?)? Of van Salomo en sy honderde vroue én byvroue? Natuurlik sal daar verwys word na wat Paulus gesê, van dat ‘n man net een vrou moet hê. Maar gerieflikheids onthalwe word baie van sy ander voorskrifte verby gelees of afgemaak as “ons doen dit nie meer nie.” Wie kies dit so? Hoe kan sekere goed van toepassing wees, maar nie ander nie?

En dis die probleem wat ek het met Oom Angus se teologie. Dit gee cherry-picked antwoorde vir ontsaglike moeilike lewenskwessies. Die lewe is geweldig kompleks, en maklike, one-size-fits-all antwoorde doen onreg aan die mense in daardie komplekse situasies.

Volgens Oom Angus “leef ek in sonde” vanweë my homoseksualiteit. Omdat die bybel, volgens hom, sê homoseksualiteit is verkeerd. Rerig Oom Angus? Kan die bybel regtig as ‘n sekshandleiding gebruik word? Ja, want dis “geinspireer deur die Gees van God” en “dis die onfeilbare Woord van God” is die tipiese antwoorde wat ek sal verwag. Die realiteit is dat die bybel nie ‘n wetenskaplike of ‘n histories-akkurate biblioteek van boeke is nie, dus kan ons dit nie wil gebruik as sulks nie.

So is Oom Angus dan nou verkeerd? Ek gaan ‘n boek of drie nodig hê om daardie vraag te kan beantwoord nie.

Vanuit my persoonlike perspektief, kan ek nie met hom saam stem nie. Daar is egter nie ‘n “regte” of “verkeerde” perspektief nie. Daar is mense wat saam met my gaan stem en daar is mense wat nie saam met gaan stem nie. En elke kant van die saak gaan glo hulle is reg en gaan honderde argumente hê om hulle standpunt te staaf. So wie is dan nou reg? Die persoon wat die beste argumente voorlê?

Die beroemde Sufi mistikus, Rumi, het gesê, “Out beyond ideas of wrongdoing and rightdoing, there is field. I’ll meet you there. When the soul lies down in that grass, the world is too full to talk about.”

Ek dink om te argumenteer oor wie reg en wie verkeerd is, is om die punt heeltemal te mis. Ek dink dis belangriker dat ons bewus raak van die bril waar deur ons na die lewe kyk, as wat ons probeer vasstel wie is reg of wie is verkeerd.

En dit laat my besef – God is nie afhanklik van wat ons reg of verkeerd doen nie. ‘n Goeie vriend van my sê altyd – God kan reguit slaan met ‘n skewe stok. Dit is nogal waar vir my eie lewe – God het ALLES wat ek “verkeerd” gedoen het, gebruik om genesing in my lewe te bewerkstellig. En as ek praat van “verkeerde” dinge, dan praat ek van goed wat tannies by die kerkbasaar aan hulle melktert sal laat verstik!

So of ons die “verkeerde” dinge doen en of ons die “regte” dinge doen – God werk daarmee. Dit flipside is dan ook waar – net omdat Oom Angus reg kry wat hy reg kry (ek haal my hoed af vir hom dat hy soveel mense bymekaar kan kry), beteken nie dat dit wat hy doen “reg” is nie.

Baie mense sal van my verskil, maar ek glo tog dat God (selfs al lyk my god anders as wat meeste christene s’n lyk) iets magical kon laat gebeur met die saamtrek.

Leave a Reply