My lewensoortuigings

My lewensoortuigings.

Ek moet begin met ’n disclaimer. Wees gewaarsku dat daar ’n paar kontroversiële oortuigings gaan voorkom, wat reg teenoor tradisionele christelike leringe staan. En daardie oortuigings niemand s’n behalwe my eie nie. Ek praat names geen persoon of kerk of gemeenskap nie.

Hierdie is ook geen onveranderbare oortuigings nie. Maar dit gaan ook nie oornag verander nie. Hierdie is ’n collection van oortuigings wat deur my eie journey opgebou is. En daar was baie ervaringe en interaksies met mense wat dit kom shape het. Dit alles is maar ’n refleksie van wat ek kies om te glo. Dis ook geensins DIE waarheid nie. Dis MY waarheid.

Waar kom dit als vandaan? ’n Onmoontlike sterk behoefte om gelukkig te wees in my lewe. As ’n depressie lyer vir baie jare, was dit altyd my behoefte om “antwoorde” en die regte “karakter eienskappe” te vind. Om die “resep” vir geluk te vind. Maar soos dit in Prediker sê: dis als ’n gejaag na wind. Daar is nie ’n resep nie. Daar is nie ’n verdomde padkaart nie. Maar ek dink ek kan tog ek kan êrens contentment vind en dit sal vir my begin by ’n authentic lewe. Dit is om my oortuigings op my manier uit te leef, en alhoewel ek altyd sensitief sal wees vir my omgewing, beteken dit nie ek gaan convention volg en dinge doen “soos dit nog altyd gedoen is nie.”

Laastens, al die oortuigings gaan wees oor waar ek nóú is, en hoe ek dinge nóú sien. Ek mag dalk oor ’n jaar of tien terug kyk en dink “wat de fok het ek gedink?” (As ’n gevloek jou ontstel, moet liewers nie verder lees nie.) Hopelik lyk my waardes anders oor tien jaar.  Of ten minste, hoe ek God sien en ervaar.

I’m a work in progress. En dis baie deurmekaar. Soos in ’n deurmekaar kamer en kaste wat ek tog nog altyd dit kry waarna ek soek. Terwyl dit vir mense van buite af soos absolute chaos sal lyk.

OK, hier gaat ons:

  • Die idealis en romantikus in my wil glo dat ons almal net liefde nodig het en dat dit die belangrikste element is waar om alles draai. Maar wat is dit? Ek het al lankal opgehou om ’n konkrete definisie wat alles insluit te probeer opbou. Maar ek dink wat die sterkste vir my uitstaan is dat liefde is om iemand anders se welstand jou hoogste prioriteit te maak. Om te sien dat daardie persoon die beste persoon word wat hulle kan wees.
    So, wat beteken dit vir my? Liefde is ’n besluit wat ek maak, maar ’n moeilike een wat ek daagliks opmors. Dis maklik om die vriendelike mense lief te hê. Die mense wat my laat goed voel. Maar ek kry gereeld so ’n tik op die skouer dat daar mense is wat nie so nice met my is nie, wat ook my liefde vereis. Die irriterende karwag. Die mense wat jy bietjie dieper moet grou om die goedheid raak te sien. Beteken darem nie ek hoef van hulle te hou en best buddies word nie, net dat ek hulle hulle plekkie in die son gun, en gun dat hulle ook êrens mag kom in die lewe, en dat indien hulle my pad kruis, ek nie ’n hindernis gaan wees tot hulle groei nie.
    Ongelukkig is Liefde ’n maklike term om rond te gooi en is die lewe heeltemal te kompleks om maklik lief te hê. Lief hê vra van jou om vulnerable te wees. Ware, diep liefde vra vulnerability. Dis ’n onafskeidbare tweeling.
  • Tweelinge van die lewe. Lig en donker. Ying & yang. Somer en Winter. Sonskyn en reënweer. Vreugde en pyn. Liefde en vulnerability. Goed en sleg. Keuses en gevolge. Baie maal vergeet ek dat ek nooit net die een kan kry nie. It’s always a package deal. Wil ek gelukkig wees? Ja. Wil ek die pyn hê wat saam met dit kom? Verseker nie! Het ek veel van ’n keuse? Nee.
    Lig en donker. Dag en nag. Jy kan nie lig hê sonder skaduwee nie. Wanneer die son op sy helderste skyn is die skaduwees ook die sterkste. Hoe meer lig daar in jou lewe is, hoe meer gaan jy bewus word van jou skadukant. En die stryd in die lewe is nie om die skadukant minder te maak nie – dit gaan daaroor om dit in balans te hou. Hoe meer lig, hoe meer skadu. Is die skadukant van jou siel goed of is dit sleg? Nee.
  • Wat is reg en wat is verkeerd? Ek kan besluit. Kan “reg” ook verkeerd wees? Of kan “verkeerd” ook reg wees? Ek is geneig om eerder na “beneficial” en “non-benenficial” te kyk. Is dit wat ek doen, beneficial vir my? Hoe raak dit die mense om my?
    Wat as iets reg is vir my, maar dis verkeerd vir iemand anders? Wie is dan reg? Of meer reg?
  • Persepsie vs. realiteit. Die reg vs. verkeerd kan nie eintlik beantwoord word nie. Hoekom? Want ek kyk na die wêreld soos die wêreld is nie, maar soos ek (Anaïs Nin) Ek kyk na die wêreld deur lense wat gevorm is deur my eie kultuur, agtergrond, emosies, experiences, hoe ek grootgemaak is ens. So ek dink die vraag is nie altyd wat is reg en wat is verkeerd nie, maar eerder, “wat sien ek?” “Hoe kyk ek daarna?” Ek moet bewus wees van my eie vooroordele en “biases” voordat ek vir myself kan bepaal of die situasie reg of verkeerd is.
  • Self-Awareness en refleksie. Naas liefde is dit vir my die belangrikste waarde in my lewe. Alle wysheid lê vir my opgesluit in awareness. Ek kan hoeveel kennis hê, maar dit gaan nooit wysheid word as dit nie gereflekteer word in my hart nie. Kennis alleen kan nie my gedrag verander nie. Ons is soveel meer as ons logiese denke. So wonderlik as wat ons brein is, net so kan dit met ons rondfok. En vir my is refleksie ’n manier om agter te kom wat my brein mee besig is. Om agter te kom hoe ek na dinge kyk in die lewe. Want dit bepaal hoe ek gaan optree teenoor ander. Self hoe ek myself gaan toelaat om op te tree.
    Ek dink baie afrikaanse mense sal bekend wees met die terme, “kinders moet gehoor word maar nie gesien word nie” en “moenie terug praat nie!” Ek was (dalk selfs is nogsteeds) ’n slagoffer van ’n kultuur wat kinders as minderwaardig geag het. Dis een van die redes hoekom ek vandag sukkel met assertiveness. Tot baie onlangs was ek glad nie bewus daarvan nie. Maar nou dat dit in my bewussyn is, nou kan ek iets daaraan doen. Ek stap nader aan authentic living! En sonder refleksie sou ek dit nooit agtergekom het nie.
  • Refleksie & meditasie. Ek is die geloofsgemeenskap waar ek betrokke is, ewig dankbaar om my aan meditasie / kontemplasie / centering prayer voor te stel. As ek terug kyk, is dit een van die draaipunte van my lewe. ’n Tyd wat aangebreek het vir ware innerlike refleksie en genesing. Vandag is dit my anker in my wêreld wat increaslingly besiger en voller raak.
    En ook my anker om te gaan explore. My kultuur se wortels in Calvyn het vir die eerste keer sigbaar geword. En hoe my kultuur se interpretasie daarvan nie meer goed is vir my nie. En my beeld en ervaring van God somehow net nie klop met dit nie.
  • God is nog vir my real. Maar glad nie op die manier wat ek geleer is nie. Weereens besef ek dat ek God ervaar soos wat ek is, nie soos wat hy/sy werklik is nie. So dit beteken dan dat die mense wat my leer van God, ook maar net deur ’n bril kyk. Dat die mense wat die bybel geskryf het, ook maar net ’n gedeelte van God gesien het, soos wat hulle verstaan van God hulle toegelaat het.
    En in my journey het ek ’n God ontdek wat BAIE anders is as wat baie kerke vandag predik.
  • Daarom sukkel ek om aan ’n fisiese hel te glo. Ek dink wat ateïste al jare lank op hamer het uiteindelik vir my duidelik geword. Ek sien my journey na God in ’n metafoor van ’n ouer en kind verhouding ( nie ’n perfekte een nie mind you.) Spesifiek my verhouding met ’n spesiale kind in my lewe. My hart wil bars van liefde vir hom, al is hy nie my eie vlees en bloed nie. Ek sal voor ’n bus in loop as dit beteken sy lewe word gespaar. Ek wil alles vir hom doen om te sorg dat hy ’n gelukkige kinderlewe het. My liefde vir hom hang nie af van wat hy doen Hy hoef net asem te haal. Ek wil hom verseker dat ek nooit ooit minder of meer lief sal wees vir hom nie. Ek weet hy gaan eendag kak aanjaag en my dalk die moer in maak. Maar dan gaan ek moet onthou ek dat liefde ’n besluit is. Nie ’n fluffy-waffy gevoel nie, maar ’n besluit om hom nie te vermoor as hy my woedend maak nie. Wat as hy eendag teen my sou kies? Sal dit my minder lief maak vir hom? Ek mag dalk minder van hom hou, maar nee, hoe kan ek?
    Ek sien ook van daardie liefde by die rehab waar ek betrokke is. My sielsgenoot wat die plek run kon al soveel keer opgegee het op daardie mense. Hulle is vrek spesiaal en het die vermoë om die mooiste en die lelikste in jou uit te bring. Maar tog. Tog vind hy êrens die vermoë om nie op te gee nie. Selfs al gee hulle op hulleself op.
    Ek sien hierdie messy glimpse van liefde as die metafoor van my ervaring van God. As ek as onperfekte wese soeveel liefde vir iemand anders kan ervaar, hoe sou God oor my voel? Is daar enigiets wat ek kan doen om God minder lief te maak vir my?
    So hoekom sal onvoorwaardelike liefde skielik voorwaardelik word? Is soveel kerkmense se idee van DIE Liefde so faktap dat hulle glo mense gaan hel toe?
  • En nee, “Die Bybel sê so” is nie meer genoeg van ’n argument nie. Dis nie “DIE Woord van God” nie. Dit bevat woorde van God. Woorde oor God. Woorde met God. Dit bevat verhale, vertellings van gebeure, poësie, en ellelange geslagslyste. Dis deur geslagte oorvertel en oorgeskryf. Gekopiëer deur mense wat nie altyd noodwending goeie geleertheid gehad het nie.
    Terselfde tyd maak dit dinge makliker en moeiliker. Moeiliker want ek kan nie net meer gou ’n versie gryp en my bedoeling en verstaan van dit toepas nie. Dit vra dat ek versigtig daarmee sal omgaan. Dat ek weereens besef met watse persepsie ek dit lees. Hoe ek dit interpreteer. Vir wie dit geskryf is. Is dit feit of fiksie? So ongelukkig bestaan Adam en Eva, Noag se ark, Jona in die vis nie meer letterlik vir my nie.
    Waar los dit my? Op die oog af met een moerse deurmekaarspul. ’n Tawwe journey om die shackles van Calvyn af te haal en die Bybel te herontdek vir wat dit is en nie wat ek wil hê dit moet wees nie. Dankie vir daardie mooi woorde Rachel Held Evans.
    My geloof hang nogal aan ’n baie fyn draadjie. Soos ’n goue garing wat partymaal so dun is dat dit nie sigbaar is nie. Ek klou onverbete daaraan vas. Ek weet nie of ek altyd moet los of nog stywer vashou nie. Ek weet nie altyd of dit vrees of uithouvermoë is wat my laat vashou nie. Dalk beweeg dit so tussen die twee. Dalk is hulle ook ’n tweeling. Miskien ’n siamese een. (No offense meant towards those incredibly complex but beautiful human beings.)
  • We are all equally beautifully wonderful and beautifully messed up. Geen een persoon is beter as ’n ander nie. Ons almal se kak stink. My respek vir enigiemand word verdien – en nie deur jou titel, jou geld, jou status, jou talente of watookal nie. Miskien mag ek sekere dinge bewonder. As jy ’n Ferrari ry sal ek verseker drool. Maar wat vir my belangriker is, is hoe jy die karwag gaan hanteer. Hoe sangeres die stage manager hanteer (teater mense, julle sal seker daai een verstaan!). Hoe belangrik is die tea lady vir jou? Hoe belangrik is die persoon wat niks vir jou kan doen of beteken nie? Daardie klein, partymaal onsigbare dinge, veral die onsigbare, is wat myns insiens jou karakter die sterkste na vore laat kom.
  • Ek kan baie dinge in die lewe nie kies nie. Ek kon nie my familie kies nie (alhoewel, ek het vriende wat die familie is wat ek kón kies.) Ek het nie ’n keuse gehad oor die kultuur waarin ek gebore is nie. Ek kon verseker nie my seksualiteit kies nie. My talente. My velkleur. Maar ek kan my attitude kies. Ek kan kies hoe ek reageer. Ek kán kies hoe ek die karwag hanteer of die cleaning lady by my werk. Ek kan ook nie altyd die emosies kies nie. Hulle gebeur net. Maar ek kan kies om daarop te reageer of nie. En daarvoor het ek self-awareness nodig. 😉
  • Ek is ook maar lekker skynheilig. Ek het beide lig en donker in my. I’m both a saint and a sinner. En dis belangrik om daardie volgorde reg te kry, maar ook beide raak te sien. Want weereens bepaal dit hoe ek die wêreld en die mense daar in sien. En ultimately hoe ek hulle hanteer. En groot gedeeltes van die kerk demonstreer dit baie goed. Die kerke wat mense sien as sleg en vol sonde, hanteer baie sulke mense soos objekte wat “gered” moet word. Getalle. My probleem daarmee is dat om mense so te sien en so te behandel, skep ’n eksklusiewe “us vs. them” gemeenskap. Jy’s “welkom,” maar jy moet gered word. En jy moet die “regte” dinge doen. So jy mag nie vloek nie, seks voor die huwelik hê nie en bewaar jou siel as jy ’n moffie is! Jy sal net nooit goed genoeg wees nie. En daai wortels word so diep begrawe dat dit jare vat om raak te sien en nog ’n paar jaar om ontslae te raak daarvan. So ek struggle elke dag om die goed in ander mense te sien. Veral dié wat jy nogal diep moet grawe tussen die rommel om die lig se skakelaar te kry.
    As ek mense sien as inherent goed genoeg, begin ek myself sien as goed genoeg. En hoe meer ek myself aanvaar en liefhet hoe makliker word dit om ander te aanvaar en lief te hê. En het die “us vs. them” se mure baksteen vir baksteen begin verdwyn. Dis ongelukkig ’n muur soos Great Wall of China, maar baksteen vir baksteen kom dit af.
  • Ek het egter ’n goeie bullshit-meter ook nodig. Liefde is miskien blind, maar nie dom nie. Liefde beteken nie dat ek myself oopstel vir abuse nie. Liefde beteken ek het gesonde boundries wat ek enforce. Ek wat maar alte maklik wil help en gee word maklik misbruik en dis nie goed vir my nie.
  • Ek mag nogsteeds kies met wie ek my energie deel. Johan Geyser het ’n oulike raamwerk vir die tipes mense wat jy kry:
    1. VIP – Very Important People. My sielsgenote. Mense by wie ek ten volle net myself kan wees.
    2. VRP – Very Resourceful People. Mense by wie ek leer, wat my inspireer om ’n beter mens te word.
    3. VTP – Very Teachable People. Mense vir wie ek ’n mentor kan wees, vir wie ek ’n bietjie lig op die pad kan werp.
    4. VNP – Very Nice People. Eintlik moet dit not-so-nice people wees. People that’s just there for the fun ride. Ek beteken nie eintlik veel vir hulle nie, en hulle nie vir my nie.
    5. VDP – Very Drainy People. Dis die mense vir wie jy te bang is om te vra hoe dit gaan, want hulle gaan jou vertel!
      My energie is ’n kosbare resource. En ek moet leer om dit beter te bestuur. Die beste idee is om ’n balans te handhaaf tussen die boonste drie en minder tyd saam met die onderste twee te spandeer. Ek leef nie in ’n perfekte wêreld nie, so dis maar moeilik.
  • Ek, en net ek is vertantwoordelik vir my eie lewe. Ek moet die besluit maak om ’n mens te wees in die top 3. Maar ek kan dit nie alleen doen nie. En ek voel ontsaglik dankbaar om mense in my lewe te hê wat my daarmee help en challenge.
  • Ek is ’n pelgrim op reis deur die lewe. Ek dink ’n metafoor is ook hier gepas. ’n Lord of the Rings tipe journey. Toe ek die trilogie onlangs weer kyk resoneer so baie van die verhaal by my. Ek is op ’n journey oppad êrens heen. Met ’n doel, wat ek dink makliker gaan wees as wat dit is. Ek het geen idee wat voorlê nie. Ek is moeg. Honger. Dors. Moedeloos. En tog, daar is baie dinge wat gebeur om my, wat my help, wat my ondersteun. Ek sien dit net nie. Op die mees onverwagse tye daag mense op – goeies en slegtes. Almal by wie ek iets kan leer. Van myself. Van die lewe. Van my journey. Mense by wie ek myself in ’n spieël sien. Mense wat my argaïese sienswyses challenge. Mense by wie ek veilig voel om my hart uit te spoel en my wasgoed te was.
    Maar bowenal beteken dit vir my dat ek is waar ek nou is. En dis OK. Ek kan nie aanbeweeg as ek dit wat ek moes leer nie geleer het nie. En partymaal beteken dit om te wees waar dit vuil, aaklig, pynlik en donker is. Want net anderkant skyn die son. Geen guarantee nie – net hoop.
  • Die duisternis is nie altyd my vyand nie. That which I resist will persist – Deepak Chopra. Hoe meer ek die donker probeer beveg, hoe meer sukkel en suffer ek. Dit beteken nie ek doen goed wat evil is nie. Daar’s ’n verskil tussen evil en donker. Maar daar’s dinge wat ek label as donker, want dis onaangenaam. En onaangenaam is party net die medisyne wat ek nodig het. Hier is ’n gedig wat my al deur baie donker tye gehelp het: 
  • The Welcoming Prayer
    Welcome, welcome, welcome.
    I welcome everything that comes to me today
    because I know it’s for my healing.
    I welcome all thoughts, feelings, emotions, persons,
    situations, and conditions.

    I let go of my desire for power and control.
    I let go of my desire for affection, esteem,
    approval and pleasure.
    I let go of my desire for survival and security.
    I let go of my desire to change any situation,
    condition, person or myself.

    I open to the love and presence of God and
    God’s action within.

    Amen.

One thought on “My lewensoortuigings

  1. Pingback: Welkom by Die Kontemplatiewe Pelgrim |

Leave a Reply